Wittes gekap in rasherrie

2009-08-26 06:25
Tweets Share Share line Print

Magdel Fourie en Retha Grobbelaar

Johannesburg - Wat ’n oorwinningsviering vir die Suid-Afrikaanse atletiekspan moes wees, het gister in ’n rasse-herrie ontaard.

Die span het gisteroggend van die Wêreldbyeenkoms in Berlyn by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park aangekom.

“Waar is die wit Suid-Afrikaners om haar te verwelkom?” het mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, met verwysing na Caster Semenya, 800 m-wêreldkampioen, gesê.

“As dit rugby is, is hulle hier. Al wittes wat hier is, is joernaliste. Hoekom is ons nog verdeeld? Ons moet almal feesvier.”

Die omstredenheid rondom Semenya se geslag het die atlete se prestasies oorskadu. Mbulaeni Mulaudzi se 800 m-sege en Khotso Mokoena se silwermedalje in verspring het min erkenning gekry.

Politici en sportlui het die storm om Semenya se kop aan onder meer rassisme toegeskryf.

Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), het opnuut gesê die bespiegelinge oor Semenya se geslag het in Suid-Afrika begin.

“Ek het bewyse daarvan. Ons moenie dat ander mense die agenda opstel nie. Ons sal nie toelaat dat Europeërs ons kinders beskryf nie. Dis ons kinders.”

Hy sal eerder haar ouers oor haar geslag glo as “wetenskaplikes van dom universiteite”.

Malema het gesê swart én wit mense moet trots op haar wees. “Hoekom vier ons nie fees oor een van ons eie nie? Is dit omdat sy ’n Afrikaan is? Ons sal nooit toestem tot enige neiging om vroue te ondermyn of tot rassisme nie.”

Winnie Madikizela-Mandela, ANC-parlementslid, het haar by Malema geskaar en gesê hy het die “tragedie van Suid-Afrika” opgesom. Sy het ook teen die plaaslike media uitgevaar.

“Ons wens ons het meer ondersteuning van ons eie gehad. Ons weet julle (die media se) verantwoordelikheid is om in te lig, maar julle kan dit patrioties doen sonder om een ons eie af te kraak.

“Ons het julle vryheid van die pers gegee. Julle moet dit verantwoordelik gebruik.”

Sy het geslagstoetse op Semenya verwerp. “Moenie aan ons raak nie. Moet dit nie waag nie.”

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het ook deurgeloop.

Noluthando Mayende-Sibiya, minister van vroue, kinders en gestremdes, het op die verhoog geskree: “Weg met die IAAF!”

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Malema in ’n verklaring daarvan beskuldig dat hy ’n “rasse-ideoloog is wat selfs bereid is om puik prestasies deur Suid-Afrikaanse atlete te misbruik om verdeeldheid in die land te saai”.)

- Die Burger

Lees meer oor: politiek  |  atletiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.