Wiskunde bly Grieks vir matrieks

2012-01-08 11:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrikaanse skoliere se wiskundeprobleme begin al veel vroeër as in matriek en indien die droewige wiskunde-matriekuitslae verbeter gaan word, moet die nodige ingrypings al in gr. R begin.

So sê dr. Vijay Reddy, uitvoerende direkteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se program vir onderwys, wiskunde en vaardigheidsontwikkeling.

Soos vorige jare is die wiskundepunte van die 2011-matriekgroep rede tot kommer: Slegs 46,3% het meer as 30% behaal.

Die herhaalde swak prestasie in wiskunde is in teenstelling met die algemene slaagsyfer, wat van 67,8% tot 70,2% gestyg het.
Suid-Afrikaanse en internasionale toetse het al keer op keer bewys die gemiddelde nasionale wiskundepunte in gr. 3, gr. 4, gr. 6 en gr. 8 lê tussen 30% en 40%.

Waar punte in ander vakke deur ingryping op ’n laat stadium verbeter kan word, werk dit nie met wiskunde nie, sê Reddy.

“Die verkryging van dié vaardighede word in die vroeë jare gevorm deur die aard en gehalte van interaksie in die kind se huis, gemeenskap en die gehalte van die skool.”

Internasionale toetse, soos dié van die Suider- en Oos-Afrika-konsor­tium vir die ­monitering van onderwysgehalte (Sacmeq) vroeër vanjaar, het gewys leerlinge in ander Afrika-lande het beter as Suid-Afrika se bestes gedoen.

Hoewel matrieks toenemend die vak wiskundige geletterdheid bo die hoër-standaard wiskunde verkies, sê Avron Herr van die Pace Career Centre dat 70% tot 80% van gr. 10’s en gr. 11’s steeds wiskunde neem.

Hulle weet dit word vir die meeste graadstudies – buiten BA, die kuns­te en algemene onderwys – vereis, maar wanneer hulle die vak druip, slaan hulle oor na wiskundige geletterdheid.

Die nasionale vereniging van skole vir tegnologie (Nast) baklei al jare lank vir meer funksionele wiskunde- en wetenskapvakke vir tegnologieskole.

Ferdie Liddle, voorsitter, sê ’n leerling wat ’n ambagsman wil word, het nie die huidige vorm van wiskunde nodig nie. Wiskundige geletterdheid berei hulle egter nie vir die bedryf voor nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: wiskunde  |  matrieks  |  matriekuitslae

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.