Winnie weet niks van jeugliga se besoek
2012-02-04 16:00
Johannesburg – Winnie Madikizela-Mandela het Saterdag 'n verklaring uitgereik en gesê die ANC-jeugliga sal haar nie ná afloop van die appèlverrigtinge by haar huis besoek nie, het die eNews-kanaal berig.
Madikizela-Mandela het gesê sy weet niks van die jeugligaleiers se besoek nie.
Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het Vrydag in 'n verklaring gesê die jeugligaleiers sal Saterdag 'n besoek aan Madikizela-Mandela aflê.
Madikizela-Mandela het gevra vir privaatheid.
"“Mev. Madikizela-Mandela is sedert 25 Januarie 2012 met verlof nadat sy 'n knie-operasie ondergaan het," het die verklaring gelui.
– Volg Nuus24 op Twitter