Winnie ontken uitlatings oor Mandela
2010-03-12 17:49
Kaapstad – Luidens ‘n verklaring wat uitgereik is deur Winnie Madikizela-Mandela het sy nie die skokkende uitlatings oor Nelson Mandela en Desmond Tutu gemaak nie.
Hier is haar verklaring:
In verwysing na die “beweerde” onderhoud wat oorspronklik in die London Evening Standard gepubliseer is en regoor die wêreld deur die media versprei is, wil ek uitdruklik sê:
Ek het nie vir mej. Naipul ‘n onderhoud toegestaan nie. Gevolglik is dit nie vir my nodig om in enige besonderhede te reageer op die inhoud van ‘n opgemaakte onderhoud te reageer nie.
Ek sal in die komende dae dit wat ek as ‘n onverklaarbare poging om my familie as ‘n eenheid, die legende van Nelson Mandela en die hoë aansien van die naam Mandela hier en regoor die wêreld te ondermyn, hanteer
Ek het reeds die geleentheid gehad om met aartsbiskop emeritus Tutu, wat ook in Atlanta is waar ek ‘n vergadering gehad het, te gesels. Ek beplan om met Madiba en Graca te gesels, soos wat ek gereeld doen. Ek sal ook die seer wat my kinders en kleinkinders aangedoen is deur die onregverdigbare en onware uitlatings oor hul privaat lewens moet aanspreek. Ek waardeer die feit dat my organisasie, die ANC, besluit het om my “kant” van die storie te hoor voordat hulle enige beoordelings gemaak het.
Ten slotte wil ek weer sê dat ek nie aan mej. Naipul ‘n onderhoud toegestaan het nie. Enige verdere vrae oor die inhoud van die fiktiewe onderhoud kan aan haar geadresseer word.
- Nuus24