Winnie kap ANC
2010-08-08 15:00
Johannesburg – Winnie Madikizela-Mandela het die ANC Sondag skerp gekritiseer omdat die party volgens haar nie sy eie beleid implementeer nie.
Die regerende party moet “terugkeer na die tekenbord” en “op ‘n realistiese wyse” weer besluit hoe hy sy beleid tot gewaarwording gaan bring, het Madikizela-Mandela tydens ‘n onderhoud met City Press gesê.
Die lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee meen Lilian Ngoyi, ‘n vroueregte-ikoon, sou “in haar graf omdraai” as sy sou sien hoe geslagsgelykheid ná 16 jaar se ANC-bewind lyk.
Sy het egter nie die minister van vroue, jeug, kinders en mense met gestremdhede, Noluthando Mayende-Sibiya, direk aangevat nie.
Volgens Madikizela-Mandela lê die fout eerder by die wetgewing waarbinne die minister moet werk as by Mayende-Sibiya self.
Volg Nuus24 op Twitter.