Winnie in hospitaal opgeneem
2011-09-13 14:16
Johannesburg – Winnie Madikizela-Mandela is vir 'n roetine-ondersoek in 'n Johannesburgse hospitaal opgeneem, het Eyewitness News Dinsdag berig.
Die 74-jarige Madikizela-Mandela het glo 'n enkelbesering opgedoen en is oornag by die Brenthurst-kliniek in Johannesburg behandel.
Veronica Holliday, 'n woordvoerder van die kliniek, het gesê sy kan niks oor Madikizela-Mandela se toestand sê nie, maar het bevestig dat die politikus in die kliniek opgeneem is vir waarneming.
Dit is nie bekend wanneer Madikizela-Mandela ontslaan word nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter