Winnie herstel goed ná operasie
2011-09-13 17:58
Johannesburg – Die ANC-veteraan Winnie Madikizela-Mandela herstel goed ná ‘n operasie aan haar enkel in die Life Bretnhurst-kliniek in Johannesburg, het die ANC Dinsdag gesê.
“Sy is blykbaar Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat sy pyn in haar enkel ervaar het,” het Keith Khoza, ANC-woordvoerder, gesê.
“Sy het daarna ‘n dokter gespreek en ‘n klein operasie aan haar enkel ondergaan.”
Sy herstel goed, alhoewel Khoza nie kon sê wanneer sy ontslaan sal word nie.
Die hospitaal het vroeër Dinsdag bevestig Madikizela-Mandela is opgeneem, maar kon nie enige verdere besonderhede verskaf nie.
“Sy is in ons instelling opgeneem en dit gaan goed met haar. Geen verdere kommentaar nie,” het Veronica Holliday, hospitaalwoordvoerder, gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA