Winkeleienaar skiet rower
2010-06-20 05:32
Johannesburg – ‘n Winkeleienaar van Bloemfontein het Saterdag ‘n rower by sy winkel by die Emily Hobhouse-plein doodgeskiet, het polisie gesê.
Volgens kol. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het vier rowers op die winkeleienaar, in die winkel begin geskiet.
“Hy het terug gevuur. Een van die verdagtes het die kantoor in die winkel genader en toe hy die deur bereik is hy in die bors getref,” het Makhele gesê.
Toe die drie ander mans sien dat hul medepligtige geskiet is, het hulle weggehardloop.
Volgens Derrick Banks, woordvoerder van ER24, is die man op die toneel dood.
- SAPA