Winkeleienaar (73) oorval, vermoor
2011-08-10 13:43
Polokwane – 'n Winkeleienaar (73) is vermoedelik deur twee mans in Bolobedu beroof en vermoor, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.
Die winkeleienaar het omstreeks 20:00 Sondagaand sy winkel gesluit toe twee mans hom aanval, het lt.kol. Mohale Ramatseba, 'n polisiewoordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Die mans het glo agter 'n yskas weggesteek voor die eienaar die winkel gesluit het.
Toe Ngwako Simon Maifo, die winkeleienaar, die winkel sluit, is met met 'n staalpyp oor die kop geslaan en met 'n skoenveter verwurg.
Maifo se vrou het ondersoek ingestel toe sy haar man hoor skree en twee mans deur die winkel se venster sien vlug.
Die mans het Maifo se selfoon en 'n onbekende bedrag geld gebuit.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA