Wind verwoes Wes-Kaap

2009-10-27 06:10
Tweets Share Share line Print

Dié woonwa is gister in Kay’s Woonwapark in die Strand erg beskadig toe die sterk wind van die bome in die park omgewaai het. Houthutte in die park is ook vernietig en die sowat 100 gesinne wat daar woon moes die park ontruim. (Jan Gerber, Die Burger

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Die stormsterk suidoostewind wat sedert Sondag oor die Wes-Kaap gewoed het, het die lewe van ’n sesjarige meisie geëis en sowat 100 gesinne ontheem.

Kayisa Maqhetshabe se dogter, Anathi, is dood toe ’n groot bloekomboom gisteroggend omstreeks 02:20 op hul huis op die plaas Broadlands Stud Farm buite Somerset-Wes geval het.

Willie van der Weshuizen, die plaas se eienaar, het gesê Anathi is onder die bakstene vasgevang en sy het vermoedelik versmoor. Paramedici het lank gespook om haar by te bring.

By Mosselbaai in die Suid-Kaap is vier vissermanne dood, een beseer en nog een vermis nadat ’n vistreiler gistermiddag in rowwe seetoestande omgeslaan het.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Mosselbaai was die golwe 8 m hoog en die windspoed 57 knope (108 km/h).

By Kay’s Woonwapark in die Strand is bome van omstreeks 01:30 deur die wind neergevel en teen gistermiddag omstreeks 15:00 was minstens tien van die park se houthuise beskadig.

’n Handjievol inwoners het voor die hek gestaan terwyl die polisie hulle gehelp het om die park te ontruim.

Anita Walker, die park se onderbestuurder, het gesê die sowat 100 gesinne wat daar woon het in ’n nabygeleë saal, by familie en vriende, of in tente by die aangrensende kampplek onderdak gevind.

Die wind het die dak van Strand Sekondêr se skoolsaal met ’n reuse-gat gelaat. “Jô, regtig, dit het geklink soos ’n bom,” het Jan Vass, die skool se opsigter wat op die skoolterrein woon, gesê.

Nolan Thomas, adjunkhoof, het gesê hul matrieks sou Woensdag in die saal met hul eindeksamens begin. Hulle het egter klaskamers beskikbaar hiervoor, dus sal die eksamen nie ontwrig word nie.

Ontwortelde bome, afgewaaide sinkdakplate en beskadigde huise het inwoners van die Boland laat bontstaan terwyl die metropool onder ’n sterk suidoostewind en hael- en donderstorms deurgeloop het.

Sowat 50 ontwortelde bome en takke was oor die Stellenbosch-gholfklub se speelvlak gestrooi.

In Jamestown buite Stellenbosch het mnr. Stanley Februarie se familielede en bure naarstiglik die plafon van sy huis in Tioga­straat aanmekaargeslaan nadat ’n deel van die kombuis en leefarea se dak weggewaai is. Volgens provinsiale brand-en-redding het hulle verskeie oproepe uit die Strand ontvang oor soortgelyke skade.

Die Kaapstad-stadion in Groenpunt kon ook nie die sterk wind vryspring nie. Drie van die panele wat die buitenste fasade van die stadion moet vorm, is afgeruk.

Die Mosselbaaise seedrama het hom omstreeks 12:10 afgespeel toe ’n vistreiler van die Seavuna-vismaatskappy in die moeilikheid beland het toe dit blykbaar die hawe wou binnekom.

Rowwe seetoestande het die NSRI verhoed om die see binne te gaan en ’n private helikopter is ontbied om drenkelinge in die see uit te wys. Die boot het naby Diazstrand omgeslaan en een visserman is uit die see gered.

Die oorledenes se families is laatmiddag by die Seavuna-kantore in die Mosselbaai-hawe van hul geliefdes se dood in kennis gestel. Die lyke sal vandag by die Mosselbaai-lykshuis uitgeken word, het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Intussen het die NSRI bootvaarders gewaarsku om nie op die see uit te gaan nie weens ’n stormsterk wind van 130 km/h wat van Kaapstad tot by die Ooskus waai.

–Die Burger

Lees meer oor: wes-kaap  |  natuurrampe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.