Wimpy-bestuurder van Bfn verdwyn spoorloos

2011-10-10 07:27
Tweets Share Share line Print

Steven Williamson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – Die bestuurder van ’n eetplek in Bloemfontein het Vrydagaand spoorloos verdwyn.

Béola Williamson (30) is siek van bekommernis ná die verdwyning van haar man, Steven (30).

Hy is die bestuurder van die Wimpy op Prellerplein.

Mnr. Williamson het Vrydagaand verdwyn nadat hy Marinell O’Neil van die Hair Art-haarsalon omstreeks 23:00 by haar huis in Uitsig afgelaai het. Hulle was vroeër op ’n gholfdag ten bate van borskankerlyers by die Tempe-weermagbasis.

Mev. Williamson het haar man daarna gebel om vir haar ’n asmapompie saam te bring huis toe. Dit was die laaste keer wat sy met hom gepraat het.

Die hoop het Sondag opgevlam nadat iemand laat weet het hy het mnr. Williamson Saterdag omstreeks 08:00 by die Engen-garage by die Kroonvaal-tolhek sien brandstof ingooi.

Hy was glo alleen in sy wit Toyota Yaris (registrasie nommer DRF011FS).

“Niks maak sin nie. Steven sal nie sommer verdwyn nie. Hy het nog altyd huis toe gekom. Ek weet nie wat om te dink of te voel nie,” het mev. Williamson snikkend vertel.

Daar is ’n klomp vrae rondom sy verdwyning. Nadat hy O’Neil afgelaai het, was hy glo by die werk en die opnames vir die kringtelevisiekamera’s vir daardie tydperk is uitgewis. Geld is uit die kluis weg sonder dat daar ingebreek is. Sy selfoon is die volgende oggend onder die toonbank gevind.

“Hy het nie die geld gevat nie. Dit kan ek jou nou sê. Hy is nie so ’n mens nie. Ons het nou net ’n nuwe lewe begin. Hy sou volgende maand ’n nuwe werk begin en ons het ’n vakansie beplan, so hoekom sal hy nou verdwyn?

“Hy moes gedwing gewees het om te doen wat hy gedoen het. Hoekom sal hy sy selfoon by die kantoor gelos? Ek wil nie hoop verloor nie. Ek soek my man terug. Hy is my lewe,” het sy Sondag gesê.

Mev. Williamson sê haar hoop is op Leon Rossouw, ’n private speurder, om haar man op te spoor.

Rossouw sê hy volg verskeie leidrade op.

Mnr. Williamson se verdwyning volg op dié van Isak “Sakkie” Jacobus Nienaber (52), wie se lyk Vrydag in sy motor se bagasiebak gevind is. Hy was vier dae lank vermis voordat hy gekry is.

Enigiemand met inligting oor Williamson se verdwyning, of wat sy motor gewaar, kan Rossouw by 083-410-0900 bel, of ’n e-pos stuur aan info@detectives.co.za

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.