Willem Heath bedank
2011-12-15 17:00
Kaapstad – Die nuwe hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), Willem Heath, het uit sy pos bedank, het die ministerie van justisie Donderdag aangekondig.
Die bedanking volg slegs twee weke nadat hy deur pres. Jacob Zuma in dié pos aangestel is.
Heath het vroeër in 'n onderhoud met die Sondagkoerant City Press, Thabo Mbeki daarvan beskuldig dat hy voor die ANC-leierskapstryd in 2007 in Polokwane ’n aandeel gehad het aan die aanklagte van verkragting en korrupsie teen Zuma.
Die adjunkdirekteur van nasionale vervolging, adv. Nomgcobo Jiba, is in Heath se plek as waarnemende SOE-hoof aangestel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA