Whiskey-man se lot beslis
2011-11-01 10:06
Johannesburg – 'n Man wat 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, sal na verwagting Dinsdag in die Durbanse landdroshof gevonnis word.
Die versagting van vonnis en vonnisoplegging is tydens Daryl Peense se vorige hofverskyning vertraag omdat sy regspan verslae van korrektiewe beamptes aangevra het.
Peense is op 27 Julie skuldig bevind op aanklag van aanrandig, het Natasha Ramkisson, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag gesê.
Peense is verlede jaar by die Durban July-perdewedren in hegtenis geneem.
Tydens die verhoor het hy ontken dat hy opsetlik sy drankie op die president gemors het. Peense beweer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het om Zuma te sien.
Peense was dronk toe die voorval plaasgevind het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA