Whiskey-man hoor lot in November
2011-09-07 14:27
Durban – Die man wat tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, se vonnisoplegging is Woensdag in die Durbanse landdroshof tot 1 November uitgestel.
"Die saak is tot 1 November uitgestel vir betoë ter strafverswaring en -versagting," het landdros Gugu Mphikeleli gesê.
Daryl Peense is op 27 Julie skuldig bevind op aanklag van aanrandig, het Natasha Ramkisson, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag gesê.
Die vonnisverrigtinge is Woensdag vertraag omdat Peense se regspan verslae van korrektiewe beamptes versoek het.
Die verdediging wil ook na Mphikeleli se uitspraak kyk.
Peense is verlede jaar by die Durban July-perdewedren in hegtenis geneem.
Tydens die verhoor het hy ontken dat hy opsetlik sy drankie op die president gemors het. Peense beweer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het om Zuma te sien.
Peense was dronk toe die voorval plaasgevind het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA