Wette dalk gewysig oor Semenya
2009-09-08 15:48
Kaapstad - Die voorsitter van die parlimentêre portefeuljekomitee het twee wetgewende voorstelle uitgereik om die geslags- en mensregte van Suid-Afrikaners te beskerming nadat die omstrede atleet Cater Semenya oor die kole gehaal is.
Vytjie Mentor, die voorsitter van die komitee van openbare ondernemings wil die Kommissie vir Geslagsgelykheid versterk sodat alle Suid-Afrikaners sal seëvier indien hulle regte geskend word.
Mentor het twee private wetgewings voorgestel om die wet van Geslagsgelykheid van 1996 en die Menseregte-wet van 1994 te wysig.
Haar kantoor het gesê sy het reeds ‘n petisie uitgereik waarin sy ‘n beroep doen op Atletiek Suid-Afrika (ASA) en aanbeveel dat Semenya geregtig is op skadevergoeding deur die IAAF.
"Die voorsitter het ook ‘n beroep op ASA, die Kommissie vir Geslagsgelykheid en die Menseregte-kommissie gedoen om die IAAF se optrede teen te staan en op ’n persoonlike verskoning aan te dring.
-Sapa