Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Wetenskaplike se moordenaar skuldig bevind

2012-05-17 21:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ‘n Man van Dennilton wat deel was van die bende wat ‘n afgetrede wetenskaplike vyf jaar gelede in sy huis in Garsfontein vermoor het, is Donderdag skuldig bevind.

Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat Abel Magopa (38) die 61-jarige Professor Bill van der Riet vermoor het en ‘n tas met klere, munte en ‘n DVD-speler gesteel het.

‘n Lid van die Gemeenskapspolisiëringsforum het Van der Riet se lyk gevind nadat sy tuinier alarm gemaak het toe hy nie toegang tot die eiendom kon kry nie.

Regter Cynthia Pretorius het die manier waarop die afgetrede mikrobioloog gevind is as “hartseer” beskryf.

“Ek dink nie enigeen van ons wil in daardie posisie gevind word nie,” het sy gesê.

Van der Riet is gevind waar hy halfkaal en vasgebind was, met ‘n vadoek wat om sy nek gebind was.

Magopa se vingerafdruk is op ‘n koerantadvertensie en sy palmafdruk op ‘n pamflet langs die lyk in die huis gevind.

Die tas is buite in ‘n blombedding naby die hek gevind.

Magopa het erken dat sy vingerafdrukke op die toneel gevind is, maar het enige betrokkenheid by die moord ontken.

Hy het verduidelik dat hy ‘n motorwag by die Willows Sentrum was en dat sommige gereelde kliënte hom genoeg vertrou het om hom toe te laat om hul koerante te lees terwyl hulle in die sentrum inkopies gedoen het.

Pretorius het gesê Magopa se getuienis is onwaarskynlik en sy glo nie sy storie oor hoe sy vingerafdrukke op die toneel gekom het nie.

Hy het aan ‘n polisiebeampte gesê hy het by ‘n kroeg gewerk, maar hy het aan die hof gesê hy het as ‘n motorwag gewerk.

Sy het gesê Van der Riet is verneder en op ‘n verskriklike manier vermoor.

Daar is ‘n moontlikheid dat ander mense ook betrokke was.

Salome Scheepers, aanklaer, het gevra vir ‘n vonnis van lewenslange tronkstraf.

Sy het gesê dit is baie verswarend dat Van der Riet ‘n bejaarde persoon was wat in sy eie huis aangeval is.

“Ons woon in tronke net om onsself te beskerm. Dit behoort nie so te wees nie,” het sy gesê.

Die verdediging het gesê die moord was nie voorafbeplan nie, aangesien die rowers ‘n vuurwapen kon saamvat indien hulle hul slagoffer wou doodmaak.

Vonnisoplegging sal op 22 Mei geskied.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: moorde
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Francois Blom sê... John Allers, jy, verlig?? Allesbehalwe. Jys verkramp. Uiters, UITERS verkramp. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 17:57 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between Silver Lakes and Mamelodi East
  • Thursday Cresta - 17:57 PM
    Road name: Beyers Naude Drive Westbound
    DELAYS through Cresta towards the N1 Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.