Wet sluit dié wittes dalk uit

2012-02-08 09:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – As die voorgestelde wysigings aan die Wet op Breë-basis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) deurgaan, sal dit op “gruwelike ongrondwetlike diskriminasie” neerkom.

Dié wysigings sal tot die algehele uitsluiting van wit gestremdes uit die Wet op Gelyke Indiensneming se definisie van aangewese groepe lei.

Die vakbond Solidariteit het teen die wysigings uitgevaar en gesê dit is ondenkbaar hoe teen gestremdes op grond van hul ras gediskrimineer kan word.

Diskriminasie teen gestremdes ken geen kleur nie, het dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunk-hoof van Solidariteit, gesê.

Kommentaar op die voorgestelde wysigings het Dinsdag gesluit. Solidariteit het in sy voorlegging aan Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gevra dat wittes met gestremdhede ingesluit moet word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie te pak.

Wit gestremdes is op die oomblik deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op die Gelyke Indiensneming wat regstellende aksie reguleer, maar is nie meer deel van die definisie van die aangewese groep in die BBSEB-wet nie.

Ingevolge die nuwe wysigings dra die BBSEB-wet meer gewig en sal dít geld as daar enige spanning tussen die twee wette se definisies van die aangewese groep ontstaan.

In praktyk beteken dit dat as ’n maatskappy ’n werklose wit gestremde aanstel, sal die maatskappy nie punte vir sy swartbemagtigingstelkaart kry nie. As hy ’n nie-gestremde welvarende swart persoon in diens neem, sal dit ingevolge die BBSEB-wet punte vir die aanstelling verdien.

As die wit gestremde die maatskappy ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming hof toe sleep, sal die BBSEB-wet se definisie van die aangewese groepe, wat wit gestremdes uitsluit, geld.

Volgens Hermann is gestremdes deel van die benadeelde groepe op grond van hul gestremdheid en nie ras nie. “Die paradoks is nou dat wittes met gestremdhede uit die definisie van aangewese groepe gehaal word op grond van hul ras en nie gestremdheid nie.

“Swart gestremdes bly egter deel van die bevoordeelde groep en daar word spesiale voorsiening vir hulle gemaak op grond van hul gestremdheid.”

Hy het gesê die uitsluiting van wit gestremdes uit bemagtiging maak van Suid-Afrika se bemagtigingsproses ’n suiwer rasseproses en nie ’n bona fide teen die diskriminasieproses nie.

Verskeie gestremdes wat die nuuskonferensie bygewoon het, het hul misnoeë met die wysigings uitgespreek en gesê dit is vir hulle ’n verdere struikelblok, want in die werkplek word reeds teen hulle gediskrimineer. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wanda.fourie1 sê... Sal my nie verbaas as hulle juis nie die polisieman geskiet het nie, omdat die hulle gehelp het om te ontsnap. Die donerse goed is net so korup soos die wat kastig in aanhouding is....wens die regering bring n wet in wat se dat ons as gemeenskap wet in eie hande kan neem,ek glo geregtigheid sal dan seevier! ek is gatvol om te MOET staatmaak op die polisie, want dis niks ander as om te se maak vir wolf skaapwagter nie. as my kind verkrag word of my pa word koelbloedig vermoor, sal ek graag die dooie bliksem van kant wil maak, hom uit die samelewing verwyder. So sal ons ook beter kan lewe, ons belasting geld word per slot van sake gebruik om die gemors te wine en dine in ons LUUKSE tronke, ons president staan een oggend op en val oor een van sy vele F-UP gedagtetjies en wat doen hy?....hy laat al wat n krim is vry sodat hulle verder kan moor en tekere gaan terwyl hy met sy soveelste ousietjie trou! oja, ons betaal sommer ook vir daai party! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.