Wet op inligting 'nie op ys geplaas'
2011-09-19 14:11
Johannesburg – Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die wysigingswetsontwerp op die beskerming van inligting mag dalk vertraag word.
"Dit is nie kwessie van om dit op ys te plaas nie. Daar mag dalk 'n vertraging wees," het Mantashe gesê.
Hy wou nie berigte dat die wetsontwerp weens 'n besluit wat die afgelope naweek tydens 'n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee geneem is, teruggetrek kan word nie.
'n Amptelike aankondiging sal later in die parlement gemaak word.
Mantashe het gesê dit is 'n "moeilike wetsontwerp" en dat die media en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) oordryf deur dit 'n mediawetsontwerp te noem.
Dit is eintlik 'n sekuriteitswetsontwerp, het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA