Wet oor onteiening kan verander

2010-09-24 07:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Durban - ’n Aanpassing aan die Onteieningswet gaan die voertuig wees waarmee die ANC beplan om weg te doen met die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper.

Lindiwe Sisulu, voorsitter van die ANC se subkomitee oor maatskaplike transformasie, het Donderdagaand hier gesê afgevaardigdes by die party se hoofraadsvergadering (NGC) was driftig oor die stadige pas van grondhervorming en dring daarop aan dat by die teiken van 30% landbougrond in swart hande teen 2014 gehou word.

“Gegewe die hoë vlakke van armoede in die land het afgevaardigdes antwoorde geëis oor waarom grondhervorming, wat gesien word as ’n manier om welvaart te skep, so stadig vorder. Is dit struktureel of is dit die beginsel van gewillige koper, gewillig verkoper?” het sy op ’n inligtingsessie gesê.

Sy was nie bereid om verdere besonderhede te verstrek nie, maar het gesê die fynere bepalings van die wysigingswet sal afgehandel word ná ’n werksessie by Luthuli-huis op 9 Oktober.

“Dié werksessie is veronderstel om die laaste skaafwerk aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se groenskrif oor grondhervorming te doen. Ons kort nog ’n bietjie inkoop daarin van alle rolspelers in die party.”

Dié twee ingrypings word beskou as die doeltreffendste manier om grondhervorming, wat die regering erken vasgeval het, aan die gang te kry. “Adj.pres. Kgalema Motlanthe het belangstelling getoon oor veral die fynere besonderhede.”

Dié besluite strook met die party se Polokwane-resolusies, wat beslis daar moet weggedoen word met die beginsel van gewillige verkoper.

Johannes Möller, president van Agri SA, was nie vir kommentaar bereikbaar nie, maar het vroeër aan Die Burger gesê hy is ná insiggewende gesprekke op die kantlyn van die NGC met ministers positief oor wat die landboubedryf te doen staan.

Afgevaardigdes by die NGC dring voorts daarop aan dat mense met die vereiste vaardighede en kundigheid by munisipaliteite aangestel moet word om dienslewering te verbeter.

Bathabile Dlamini, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, het op dieselfde inligtingsessie gesê daar is ’n verband tussen die optogte oor swak dienslewering en die reuse-vaardigheidstekort waardeur die land in die gesig gestaar word. 

- Die Burger

Lees meer oor: politiek  |  wetgewing  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.