Weste wil Afrika ondermyn, sê Mbeki

2011-11-05 17:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die onlangse gebeure in Libië behoort rooi ligte te laat flikker oor die bedreiging van Afrika se hardverdiende reg tot selfbeskikking, het die voormalige president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, Saterdag gesê.

Mbeki het in 'n toespraak voor die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies in Sun City gesê dit "lyk voor die hand liggend" dat 'n paar magtige lande die nasionale oorgangsraad gebruik om hulle eie selfsugtige belange na te jaag.

Dié lande is volgens hom daarop uit om die beginsel van selfbeskikking te ondermyn.

"Ek moet dit kategories stel dat diegene wat 'n bepaalde uitkoms probeer voortbring uit die konflik in Libië met 'n giftige bedrogspul besig is wat daarop gemik is om Afrika en die Afrika-unie se opposisie teen die debakel in Libië te ondermyn."

Hy het gesê dis gedoen op grond van die idee dat die Afrika-unie en die res "van ons deur kol. Gaddafi met petro-dollars gekoop is", en dus gedwonge gevoel het om sy regime te ondersteun.

Hy het gesê verskeie leuens is gebruik om dié idee te vestig – insluitend gerugte dat Gaddafi en Libië die ANC ondersteun het gedurende die stryd teen apartheid.

"Die feit is dat Libië gedurende hierdie periode nie 'n enkele sent aan die ANC gegee het nie, en dat hy nie eens een van ons militêre vegters opgelei het nie, en dat hy ons nie eens van 'n enkele koeël voorsien het nie.

Mbeki het gesê Libië se ondersteuning van die ANC het eers ná 1990 gekom, toe die besef deurgedring het dat die ANC werklik die meerderheid Suid-Afrikaners verteenwoordig het.

Mbeki het ook bewerings dat die Afrika-unie op Libiese fondse vir sy voortbestaan staatmaak, as onwaar beskryf.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.