Weskussers jive vir Jesus, laat Buchan met sweep tuis voel

2009-10-18 12:57
Tweets Share Share line Print

 “Die Djirre wat ons stuur, Hy is soe wonderbaar!”

Meer as 7000 Weskussers het gister Vredendal se skouterrein laat bewe terwyl hulle “vir Jesus” in ’n tipiese Weskus-aksent gesing en gejive het.

Wit, bruin en swart, wynboere, vissers en plaaswerkers, Afrikaans en Engels het hul “ander godsdiens”, rugby – en die groot Curriebeker-halfeindstryd tussen WP en die Blou Bulle – vergeet om “ons geloof op te trek,” het ’n organiseerder gesê toe hy die lekeprediker Angus Buchan welkom geheet het.

Die boodskap was duidelik: “Ons kry net een kans om na Angus Buchan te luister; ons kan die halfeindstryd later weer kyk.”

In die skare was daar egter darem ’n klomp WP-truie en hier en daar ’n Blou Bul-trui.

Buchan – die “plaasboer en wit Zoeloe”, soos hy in Afrikaans na homself verwys het, het sy gehoor om die beurt in Engels, Afrikaans en Zoeloe toegespreek.

“My son is married to a beautiful Afrikaanse meisie. And my granddaughters are teaching me this heavenly language. Hulle sê altyd: Oupa, as ons eendag in die hemel kom, praat ons Afrikaans!”

Voordat Buchan met sy “boodskap van hoop” begin het, het die Weskussers hom ’n sweep as geskenk gegee om “ons pa van die nasie tuis te laat voel tussen ons”.

Buchan het deurgaans saamgesing toe die gehoor met Afrikaanse gospelliedjies losgetrek het.

In sy boodskap het hy weer verwys na sy hartprobleem van vroeër vanjaar en vertel dat ’n “Moslem-dokter” aan hom gesê het: “Mnr. Buchan, daar is nou niks met jou hart verkeerd nie.”

Aan Rapport het Buchan voor die byeenkoms vertel dat aanstaande jaar se Mighty Men-konferensie sy laaste is.

“Maar Suid-Afrika is ’n land van hoop. Ek is hier om te bly. Hier is nog baie werk.”

- Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport

Lees meer oor: vredendal  |  angus buchan

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Niks sal ons verbaas nie. 'n Misdaadrekord stuit nie eens mense in die land om leiers te word nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.