Wes-Randse vrou vas vir sameswering tot moord
2011-10-19 19:54
Johannesburg – ‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy na bewering beplan het om iemand dood te maak by Rietvallei in Kagiso aan die Wes-Rand, het die polisie Woensdag gesê.
Die 26-jarige vrou is Dinsdagaand in hegtenis geneem, het ao. Solomon Sibiya gesê.
Hy het gesê ‘n man het Sondagaand aan die vrou wat die teiken was, gesê hy is betaal om haar te vermoor.
Hy het gesê twee vroue het hom R1 500 betaal om die moord te pleeg. Hulle het nie gesê waarom hulle die vrou dood wou hê nie, het Sibiya gesê.
Die tweede samesweerder word nog gesoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA