Wes-Kaap nié gereed vir Aarto, sê Carlisle

2012-01-21 09:35
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die omstrede Aarto-verkeerswet sal nie op 1 April in die Wes-Kaap in werking tree nie, tensy die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) die vermoë het om dit te bedryf.

Só het die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Robin Carlisle, Vrydag gesê.

Die RTMC het Woensdag aangekondig die Wet op die Administratiewe Beregting van Verkeersmisdrywe (Aarto) sal op 1 April in werking tree.

Die Burger het Donderdag berig Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die RTMC, het volgehou die owerhede is slaggereed en die enigste uitstaande element is of die publiek vir dié wet gereed is.

Letsoalo het nie aangedui of Aarto met of sonder die gevreesde strafpuntstelsel, wat bestuurders hul rybewyse kan kos, in werking gestel gaan word nie.

Die RTMC is oorhoofs verantwoordelik vir Aarto, met die RTIA wat vir die boetestelsel verantwoordelik is.

Daar is vrese dat dié instansies nie gereed is om die wet toe te pas nie. Carlisle het sy bekommernis in briewe aan die twee liggame oorgedra en teenstrydige antwoorde gekry, wat sy kommer laat verdiep het.

Hy is besorg oor die wettigheid van Letsoalo se besluite, aangesien die arbeidshof verlede jaar sy aanstelling onwettig verklaar het. Letsoalo gaan egter hierteen appelleer.

“Enige optrede van hom kan moontlik onwettig wees,” het Carlisle gesê.

Voorts het Carlisle ná ’n kritiese verslag van die ouditeur-generaal bedenkinge oor die RTMC se finansiële sake .

“Dit is nie Alice in Wonderland nie. Wat is aan die gang?” wou Carlisle weet.

Carlisle het gesê sy departement, die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid en die munispaliteite – veral dié van Kaapstad – versamel tans alle moontlike inligting en beraadslaag oor ’n plan van aksie.

“Die situasie is eenvoudig: Aarto word nie op 1 April in die Wes-Kaap in werking gestel nie. Ons sal dit doen wanneer die RTMC en RTIA dit kán bedryf.

“Ons sal ons na die howe wend om ons burgers te beskerm,” het Carlisle gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: aarto

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wanda.fourie1 sê... Sal my nie verbaas as hulle juis nie die polisieman geskiet het nie, omdat die hulle gehelp het om te ontsnap. Die donerse goed is net so korup soos die wat kastig in aanhouding is....wens die regering bring n wet in wat se dat ons as gemeenskap wet in eie hande kan neem,ek glo geregtigheid sal dan seevier! ek is gatvol om te MOET staatmaak op die polisie, want dis niks ander as om te se maak vir wolf skaapwagter nie. as my kind verkrag word of my pa word koelbloedig vermoor, sal ek graag die dooie bliksem van kant wil maak, hom uit die samelewing verwyder. So sal ons ook beter kan lewe, ons belasting geld word per slot van sake gebruik om die gemors te wine en dine in ons LUUKSE tronke, ons president staan een oggend op en val oor een van sy vele F-UP gedagtetjies en wat doen hy?....hy laat al wat n krim is vry sodat hulle verder kan moor en tekere gaan terwyl hy met sy soveelste ousietjie trou! oja, ons betaal sommer ook vir daai party! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Intelligence Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.