Wes-Kaap het die meeste skoolverlaters

2011-07-14 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Wes-Kaap het die hoogste uitval­koers van skoolkinders in die land, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag gesê.

“Daar is tans 500 000 kinders landwyd wat nie in die skolestelsel is nie, van wie die meerderheid in die Wes-Kaap is,” het sy aangevoer.

Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het in reaksie daarop gesê dit is moeilik om op Motshekga se uitlatings te reageer aangesien die WKOD nie weet waarop sy haar inligting grond nie.

“Ons kan egter wel sê dat die aantal kinders wat in die skool bly in die laaste twee jaar toegeneem het.”

Volgens haar kan ’n mens ook nie sê al die leerders wat skool verlaat, val uit nie. “Baie van hulle skryf in by kolleges vir verdere onderwys en opleiding (VOO-kolleges), of ondergaan ander opleiding.”

Motshekga het egter aangevoer dat maatskaplike probleme soos fetale alkoholsindroom, kinders wat by bendes aansluit en die afhanklikheid van dwelms van die redes is waarom die uitvalkoers van leerders so hoog is in die Wes-Kaap.

Sy was Woensdag deel van ’n afvaardiging bestaande uit die regering, sakelui, vakbonde en nieregeringsorganisasies wat ’n samewerkingsooreenkoms onderteken het om die gehalte van onderrig in skole te verbeter.

Ingevolge die inisiatief gaan die departement van onderwys tesame met belanghebbendes die mees wanfunk­sionele skole in die land “aanneem”.

Die Neem ’n Skool Aan-veldtog, soos dié inisiatief bekend staan, behels dat die departement se “maatskaplike vennote” (die burgerlike samelewing, vakbonde, ouers en die sakesektor) vanjaar by 100 tot 200 swak presterende skole ingryp en geldelike en ander hulpbronne beskikbaar stel.

Volgens Motshekga sal haar departement in samewerking met provinsies ’n lys van wanfunksionele skole saamstel en beskikbaar stel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.