Wes-Kaap eksamens gaan voort
2010-08-27 15:37
Kaapstad – Onderwysowerhede in die Wes-Kaap is vasberade om voort te gaan met September se eksamen ten spyte van die huidige staatsdiensstaking.
“Die eksamen sal voortgaan soos beplan en dié besluit is vir die beswil van leerders geneem,” het Donald Grant, provinsiale minister van onderwys, gesê.
Volgens Grant maak leerlinge se uitslae in dié eksamens ‘n noemenswaardige deel van hul finale jaarpunt uit, insluitende die op hul matrieksertifikate.
“Die uitslae van die eksamens bied ook belangrike terugvoer vir matriekleerlinge wat gebruik kan word tydens hul voorbereiding vir die matriekeksamen,” het Grant gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA