Wes Kaap benodig gespesialiseerde eenhede, sê Plato
2011-11-22 21:01
Kaapstad – Die Wes-Kaap wetgewende gesag ondersteun die
herinstelling van gespesialiseerde dwelm- en bende-eenhede deur die polisie.
“Baie van die gemeenskappe wat ek besoek het
word deur bendegeweld en dwelmverwante misdaad geteister.
“Hulle verwelkom die herinstallering van
gespesialiseerde eenhede,” het Dan Plato, Wes-Kaapse minister van veiligheid,
gesê.
“Die kabinet van die Wes-Kaap stem saam. Ek sal ‘n brief rig aan minister Mthethwa
waarin ek hom sal inlig dat gespesialiseerde eenhede as ‘n amptelike behoefte
en prioriteit in die Wes-Kaapse polisiemag geïdentifiseer is,” het hy gesê.
Plato sê dit is veral die Wes-Kaap wat onder dwelm- en bende-aktiwiteite deurloop.
Die provinsie het die hoogste aantal
dwelmverwante misdade in Suid-Afrika.
Volg Nuus24 op Twitter.