Wes-Kaap: 21 vas vir dronkbestuur
2011-04-17 15:44
Kaapstad – Altesaam 21 mense is die afgelope week by padblokkades in die Wes-Kaap vir dronkbestuur in hegtenis geneem, het die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, Sondag gesê.
Fritz se woordvoerder, Melany Kühn, het in ‘n verklaring gesê dat dié hoeveelheid drasties verminder het. Altesaam 33 mense is die vorige week vir dronkbestuur afgetrek.
Volgens Kühn was die afgelope week se hoogste alkohol-inname 1.29 mg.
Fritz het ‘n beroep op motoriste gedoen om veilig te wees oor die komende Paasnaweek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA