Werkgewers in petroleumsektor 'hardkoppig'
2011-07-14 13:45
Johannesburg – Geen samesprekings is sedert 24 Junie in die petroleumsektor gevoer nie, het die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood, and Allied Workers Union (Ceppwawu) Donderdag gesê.
"Ons het samesprekings in die glas- en farmaseutiese sektor geskeduleer vir môre (Vrydag), Saterdag en Sondag, maar geen vergadering is geskeduleer in die petroleumsektor nie, het John Appolis, beleidskoördineerder van Ceppwawu, gesê.
"So ons lede sal selfs tot ná Maandag staak."
Appolis het gesê werkgewers in die petroleumsektor is baie "hardkoppig".
"Hulle reageer nie en stel niks voor nie, maar ander werkgewers in die ander sektor wel."
"Dit is omdat petroleumwerkgewers is die groot multi-nasionale maatskappye. Hulle domineer die sektore en ekonomieë regoor die wêreld word uitgebrei."
"Al wat ons vra is R6 000 per maand. Dit is nie baie nie."
Gary Ronald, woordvoerder van die AA, het gesê indien dít die waarheid is, kan die staking in die petroleumsektor ernstige implikasies vir almal inhou.
"Dit is baie kommerwekkend. As dit waar is, ons kyk na 'n staking van 12 dae of meer, kan dit sake-ondernemings erg knou."
Die vakbond het gesê hy is van plan om petroleumwerkgewers te melk vir hul winste.
"Ons weet die staking is besig om die ekonomie lam te lê, maar ons lede is in 'n stryd gewikkel om oorlewing," het Appolis gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
– Kliek hier om te kyk of daar petrol in jou gebied is.
- SAPA