Werkers keer plaasaanval

2010-07-05 08:24
Tweets Share Share line Print

Beeld

Twee werkers van ’n bejaarde melkboer van Schweizer-Reneke in Noordwes het ’n plaasaanval in die wiele gery toe hulle die boewe in sy plaashuis ingewag en een in die been geskiet het.

’n Polisieman (36) van die Amalia-polisiekantoor wat na bewering die vermeende boewe se wegkommotor bestuur het en ’n ander verdagte (20) verskyn vandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof op aanklagte van onwettige oortreding van ’n perseel met die doel om ’n misdaad te pleeg.

Dié voorval, wat volgens Agri SA die eerste plaasaanval sedert die begin van WB 2010 is, kom skaars twee maande nadat ’n polisievrou van Roodepoort en ’n oud-polisieman van Randfontein weens ’n gewapende plaasaanval in Schweizer-Reneke aangekeer is.

Hendrik (Tokolosh) Eksteen (44), voorman op die plaas van Toby van den Heever (80), ’n invalide, tussen Schweizer-Reneke en Delareyville naby Migdol, het Sondag vertel hoe hy “vinnig moes reageer” toe vier gewapende mans Saterdag 02:00 die kombuisdeur se veiligheidshek oopbreek.

Hy en Abraham Sesing (44), ’n werker wat saam met Eksteen en dié se vrou, Susan (47), en hul tienjarige seuntjie, Waldi, saam met Van den Heever in sy plaashuis bly, het die boewe ingewag.

Sesing het Van den Heever kort voor die voorval na die toilet en terug na sy bed geneem, waar hy gewag het totdat Van den Heever aan die slaap raak.

“Toe Abraham weer in sy eie bed klim, het hy die honde hoor blaf en geluide by die kombuisdeur gehoor en my kom wakker maak,” het Eksteen vertel.

Hy het sy pistool gegryp en saam met Sesing die vermeende rowers by die deur ingewag.

“Ons het hulle dopgehou en toe hulle die deur oopbreek, het ek een in die been geskiet,” het Eksteen gesê.

“Sy makkers het weggehardloop. Ons het die gewonde toe in die huis ingedra en beveel om op sy maag te lê met sy arms agter sy rug terwyl ek die polisie gebel het.

“Mens kan daardie vrees nie beskryf nie. Alle eer aan ons Skepper wat ons beskerm het.”

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem, maar is reg om vandag (Maandag) in die hof te verskyn.

Volgens Mildred Veldman (29), Van den Heever se kleindogter, bly Sesing en die Eksteens die laaste paar maande by hom in die huis “juis om hom te help en te beskerm”.

“My oupa het sowat ses maande gelede sy een been verloor en moet dus ’n rystoel gebruik,” het sy gesê.

“Abraham en Tokolosh is helde. Ek kan my net indink wat kon gebeur as hulle dit nie stopgesit het nie.”

Die polisieman, wat glo van diens af was, is in ’n wit Toyota Avanza-motor naby die plaas gearresteer.

Dít nadat die polisie inligting ontvang het dat ’n wit motor glo in die voorval gebruik is.

Kapt. Aafje Botma, Noordwes-polisiewoordvoerder, het gesê daar is beslag gelê op die polisieman se dienspistool.

“Interne stappe sal teen hom gedoen word. Die ander drie verdagtes is nog soek.”

Volgens André Botha, voorsitter van Agri SA se nasionale veiligheidskomitee, is hy nie bewus van enige ander plaasaanval sedert die begin van WB 2010 nie.

“Tydens die WB weerhou politici hulle van opruiende uitsprake teen die boere.

Hoewel die verbintenis tussen uitsprake soos Kill the Boer, Kill the farmer en plaasaanvalle nie bewys kan word nie, is dit opvallend dat daar voor die WB byna twee aanvalle per dag plaasgevind het en tydens die WB bykans niks.”
 
- Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.