Werkers geskok toe Metrorail trein brand
2010-11-05 18:52
Johannesburg – Drie Metrorail werkers is vir skok en rookinaseming behandel nadat drie treinwaens van ‘n stilstaande Metrorail trein aan die brand geslaan het.
Die voorval het in Braamfontein gebeur, het Nana Radebe, woordvoerder vir Johannesburgse se Noodbeheer gesê.
Volgens Radebe het hulle net na 12:00 ‘n oproep ontvang.
“Op die oomblik is die brand geblus.”
Volgens Metrorail beloop die skade ongeveer R11,5 miljoen.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.