Werker skiet glo op plaasvrou

2010-04-22 02:51
Tweets Share Share line Print

’n Plaaswerker het na bewering ’n vrou op ’n plaas in die Reddersburg-distrik probeer doodskiet nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy drentel.

Me. Heilie Labuschagne (38) van die plaas Erasmusfontein het wonderbaarlik ongedeerd van die aanval afgekom.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Labuschagne het gisteroggend gereed gemaak om na Bloemfontein te vertrek.

Sy het haar handsak, waarin ’n .22-pistool was, in die Ford Ranger-bakkie, asook die voertuig se sleutel in die aansluiter gelos, terwyl sy gou iets in die huis gaan haal het.

Sy wou die agterdeur sluit toe ’n 18-jarige werknemer haar terug in die huis gestoot het.

Hy het haar na bewering twee keer probeer skiet met die pistool wat hy vermoedelik uit die bakkie gesteel het. Nie een skoot het egter afgegaan nie.

’n Ander werknemer het gesien wat gebeur en Labuschagne gaan help. Die jong man het na bewering toe ’n skoot op sy kollega afgevuur, maar hom gemis.

Hy het uit die huis gehardloop en in die bakkie gevlug.

Die polisie is oor die aanval ingelig en het naburige boere ontbied. Hulle is gevra om by alle uitgangsroetes wag te hou.

Sowat 10km van die plaas het ’n boer die vermeende aanvaller vasgetrek. Die vuurwapen is in sy besit gevind.

Die jong man is in hegtenis geneem en sal vandag in die Reddersburg-landdroshof op aanklagte van poging tot moord, asook diefstal van ’n voertuig en vuurwapen en ammunisie verskyn.

Mbambo sê in die ondersoek is gevind dat die verdagte sy werkgewer vermoedelik probeer skiet het omdat sy hom vroeër gekonfronteer het omdat hy drentel en nie werk nie. Die man het vier maande lank op die plaas gewerk.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wanda.fourie1 sê... Sal my nie verbaas as hulle juis nie die polisieman geskiet het nie, omdat die hulle gehelp het om te ontsnap. Die donerse goed is net so korup soos die wat kastig in aanhouding is....wens die regering bring n wet in wat se dat ons as gemeenskap wet in eie hande kan neem,ek glo geregtigheid sal dan seevier! ek is gatvol om te MOET staatmaak op die polisie, want dis niks ander as om te se maak vir wolf skaapwagter nie. as my kind verkrag word of my pa word koelbloedig vermoor, sal ek graag die dooie bliksem van kant wil maak, hom uit die samelewing verwyder. So sal ons ook beter kan lewe, ons belasting geld word per slot van sake gebruik om die gemors te wine en dine in ons LUUKSE tronke, ons president staan een oggend op en val oor een van sy vele F-UP gedagtetjies en wat doen hy?....hy laat al wat n krim is vry sodat hulle verder kan moor en tekere gaan terwyl hy met sy soveelste ousietjie trou! oja, ons betaal sommer ook vir daai party! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.