Werker skiet baas
2009-07-30 08:09
Randburg- ‘n Sakeman is na bewering gistermiddag in sy kantoor by die Cresta besigheidspark in Randburg doodgeskiet.
Paramedici het net voor 17:00 na die besigheidspark gegaan en die bebloede man agter sy lessenaar gevind.
Volgens berigte is die man deur een van sy werknemers geskiet, ná die werker verneem het hy kan nie langer by die maatskappy werk nie.
Ander werkers het agter die verdagte aangejaag toe hy van die gebou gevlug het, en hom in die parkeerarea gevang. Hy is aan die polisie oorgegee.
Die man, wat reeds oorlede was toe paramedici op die toneel aangekom het, het ‘n wond aan sy kop opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die saak sal deur die polisie ondersoek word.
- ER24