Werker kritiek ná ontploffing in Vrystaat
2011-02-25 17:04
Bloemfontein – 'n 22-jarige man is in 'n kritieke toestand in die hospitaal ná 'n ontploffing by 'n hoendervoer-fabriek in Kroonstad, het paramedici in die Vrystaat Vrydag gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê die fabriekwerker het tweede graadse brandwonde aan 40% van sy lyf opgedoen.
Hy is na die Welkom Medi-Clinic gehaas vir verdere behandeling.
Daar word vermoed dat die man 'n chemiese poeier in 'n houer gegooi, waarna die ontploffing plaasgevind het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA