Werker fnuik aanval op plaas

2011-10-12 07:06
Tweets Share Share line Print

Fouriesburg – ’n Plaasvoorman, wat geweier het om die huissleutels van sy slapende werkgewer aan plaasaanvallers te gee, is deur die aanvallers in die hand geskiet en sy vrou in die been.

Samuel Chaba (39), voorman op die plaas Grootverwulf van Marianne Conlyn, ’n bekende in Suid-Afrikaanse perdekringe, lê in ’n hospitaal op Bethlehem.

Sy vrou, Maria (37), is ná behandeling vir ’n skietwond in die kuit uit die hospitaal ontslaan.

Mnr. Chaba is ’n held, het Conlyn Dinsdag gesê ná dié middernagtelike plaasaanval waarin die aanvallers uiteindelik gevlug het.

Die Chaba-egpaar is Maandag kort voor middernag deur vier aanvallers met klapmusse in hul huis op die plaas oorval.

Mnr. Chaba het wakker geword toe die aanvallers die voordeur oopbreek.

Toe hy weier om die sleutel van die hoofhuis, waar Conlyn geslaap het, asook selfone aan die rowers te gee, is hy in die regterhand geskiet, sê Conlyn.

Sy vrou het uit die kamer gekom en is summier in haar linkerkuit geskiet.

Mnr. Chaba is vasgebind en deur die aanvallers na die hek van die hoofhuis gebring en gedwing om dit oop te maak. Hier het hy van die aanvallers ontvlug, weggekruip en vir Conlyn gebel.

Toe sy ligte in die hoofhuis aanskakel en haar honde begin blaf, het die aanvallers gevlug.

Sy het ’n vriend gebel, wat bure en die polisie ontbied het.

“Ek het nog nooit sulke omgee beleef het nie.

“Omtrent al die boere van die plase hier naby het gekom om te help en sommiges het selfs in die berge na die aanvallers gaan soek. Ek dink hulle is oor die Lesotho-grens.”

Sy vermoed die aanvallers het vooraf die huis dopgehou.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê klagte van poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die aanval of aanvallers word gevra om die polisie op Fouriesburg by 058-223-0260 te bel.

Conlyn is ’n bekende in die perdekringe.

Sy was 18 jaar lank nou betrokke by die Suid-Afrikaanse Lipizzaners in Kyalami en bied steeds klasse vir ruiters aan.

Sy het die plaas in 2005 gekoop.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
109 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.