Werker beseer ná ontploffing by fabriek
2011-12-21 20:30
Johannesburg – 'n Fabriekwerker veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy in 'n ontploffing by 'n fabriek aan die Oosrand beseer is, het paramedici gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare, het gesê die man het 'n blaaslamp gebruik om 'n drom, wat 'n vlambare stof bevat, te sny.
Die werker het erge brandwonde aan sy sy en arms opgedoen. Hy word by 'n privaathospitaal in Springs behandel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA