Werk aan Zuma se ampshuis gelos

2011-10-22 07:16
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Planne om byna R170 miljoen te bestee aan opknappingswerk aan Mahlambandlopfu, die Pretoriase presidentshuis, is gestaak.

Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, het die opknappingswerk in Maart gekanselleer omdat dit glo tien keer meer is as wat dit veronderstel is om te kos.

Mahlangu-Nkabinde en Mandla Mabuza, waarnemende direkteur-generaal (DG), slaan die afgelope twee dae verwoed vure dood nadat die “verkeerde antwoord” op ’n geskrewe parlementêre vraag van die DA die wêreld ingestuur is.

Dit is nie duidelik hoe die departement die fout begaan het nie aangesien dit algemene gebruik is dat die DG skriftelike antwoorde op parlementêre vrae afteken voordat dit aan die politieke partye verskaf word.

“Daar is nog nie met opknappingswerk begin nie. Nie ’n sent van belastingbetalers se geld is nog bestee nie,” het Mahlangu-Nkabinde in ’n verklaring gesê. Volgens haar is nóg die boukontrakte nóg die aanvangsdatum vir die opknappingswerk gefinaliseer.

“Ek wil Suid-Afrikaners verseker dit (die uitgawes) sal ooreenstem met normale boukoste.”

Mabuza het mediaberigte oor die voorgenome uitgawes as “absurd en belaglik” afgemaak. “Dit is snert.”

Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het die voorgenome opknappingswerk aan Ma­hlambandlopfu egter verdedig. “Dit sal die president – die huidige en toekomstiges – in staat stel om hul veeleisende werkprogram te volg in ’n omgewing wat doeltreffend, veilig en relatief gerieflik is.”

Volgens Manyi is bogenoemde vereistes “betaamlik” vir die staatshoof. Dit kan nie as spesiale luukshede vir pres. Jacob Zuma bestempel word nie omdat sy opvolgers dit ook sal benut. Bespiegelings dat Zuma spesiale behandeling kry “ondermyn die waardigheid en werketiek van sy administrasie”, het hy gesê.

Ook die ANC is ongelukkig omdat Zuma gekasty word oor die voorgenome opknappings. “Die media kriminaliseer die instandhouding van openbare bates. Dit is hartseer dat ’n sekere gedeelte van ons samelewing net op die uitgawes fokus sonder om in ag te neem waarvoor die bates gebruik word,” het mnr. Jackson Mthembu, woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

’n Ingeligte het aan Beeld gesê die geraamde onkoste vir die opknappingswerk aan Mahlambandlopfu én die Bryntirion-landgoed (R193 miljoen) “is tien keer meer as wat dit moet wees”.

Hoewel die werk aan die landgoed beplan word, is die syfers wat die departement eergister bekend gemaak het, ook foutief het ’n woordvoerder gesê.

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gister in ’n verklaring aangevoer daar is ’n slang in die gras. “Die minister sê die opknappings (aan Mahlambandlopfu) is te duur en gestaak, maar Manyi meen dit is geregverdig. Wie moet Suid-Afrikaners glo?” 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  wanbesteding

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.