Wêreldfees vir jeugdiges ’n geldramp

2010-12-19 09:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Peperduur chaos.

Dís hoe die 17de Wêreldfees vir Jeugdiges en Studente wat in Pretoria gehou word, die afgelope week uit verskeie oorde bestempel is.

Dit duur nog tot Dinsdag.

Ondanks ’n reuse- geldelike inspuiting van R69miljoen – R29miljoen van belastingbetalers en R40miljoen van die Nasionale Loteryraad (NLR) – was probleme met kos, reis en verblyf met kokkerotte aan die orde van die dag.

Dié saamtrek van duisende jeugdiges wat meestal kommunisme en sosialisme aanhang, was veronderstel om ’n uitruil van idees en ’n stryd teen imperialisme te wees. Maar hiervan was daar die afgelope week tydens besoeke van Rapport min te bespeur.

Baie afgevaardigdes het eerder verkies om in die strate naby die Tshwane Events Centre rond te drentel. Ander het “soenspeletjies” gespeel en in die openbaar geslaap.

En min van die genooide sprekers, wat regeringsministers en selfs die veroordeelde oud-polisiebaas Jackie Selebi ingesluit het, het opgedaag.

Van die afgevaardigdes was ook bekommerd oor bewerings dat sommige van die feesgangers vuurwapens gedra het. Ander het hulle aan drank vergryp.

Vrydag is die fees in verdere chaos gedompel toe sowat 500 lede van die Cope-party, wat ook sy kongres in die stad gehou het, die feesperseel bestorm het.

Dié Cope-groep het gewelddadig teenoor feesgangers geword en die polisie en sekuriteitswagte moes ingryp om te verhoed dat feesgangers aangerand en toerusting beskadig word, berig Sapa.

Prof. Alfred Nevhutanda, voorsitter van die NLR, het in ’n verklaring gesê in die toekenning van die R40miljoen is faktore oorweeg soos die nasionale en internasionale belangrikheid van die fees en die impak wat dit op plaaslike jeugontwikkeling, kulturele integrasie en uitruil, sowel as jeugdebatte en dialoog kan hê en dat dit eenheid onder die wêreld se jeug kan bevorder, berig Lucas Ledwaba.

“Die toekenning bestaan uit twee dele. Die tweede deel sal slegs beskikbaar gemaak word as die NLR tevrede is dat die eerste betaling volgens die feesorganiseerders se sakeplan benut is en ver­ant­woording daarvan gedoen kan word,” het Nevhutanda gesê.

Thembi Tulwana, woordvoerder van Gidani, wat die Lotto bedryf, het vroeër dié maatskappy van die skenking gedistansieer en gesê die NLR moet daarvoor pa staan. Die NLR se 2009/2010-jaarverslag wys egter dat die NLR in sy afgelope boekjaar nie so ’n groot bedrag aan enige organisasie geskenk het nie.

Die grootste bedrag, R24miljoen, is aan die Badisa-welsynsorganisasie van die NG en VG Kerk geskenk. Die Rural Development Services Network het R16miljoen gekry, en Atletiek Suid-Afrika R8miljoen.

Collins Chabane, minister in die presidensie wat van regeringskant vir die fees verantwoordelik is, sal eers ná afloop daarvan kommentaar lewer, het Harold Maloka, sy woordvoerder, gesê.

Athol Trollip, van die DA, sê sy party sal vra dat die ouditeur-generaal ’n spesiale ondersoek doen na die R40miljoen-skenking aan ’n “fees van ekstremiste”.

“Dit is ’n nasionale verleentheid en ’n klap in die gesig van organisasies wat met min geld die armstes se lewe moet verbeter.”

Andile Lungisa het egter die fees en die skenking van R40miljoen verdedig. Hy is die fees se hooforganiseerder, voorsitter van die Nasionale Jeug-ontwikkelingsagentskap (NYDA) en adjunk-president van die ANC-jeugliga. Volgens hom is die hoofdoel om idees uit te ruil en om vriendskappe te bou.

“Dié kwessie is egter nêrens in die media te sien nie. Die meerderheid plaaslike joernaliste het eerder verkies om te fokus op wat buite die feesperseel gebeur.”

Oor die Lotto-skenking sê hy ’n volle verslag sal ná die fees opgestel word.

Patrick Craven, Cosatu se woordvoerder, sê Cosatu is bekommerd oor die chaos by die fees.

“Wat Cosatu veral kwaad maak, is dat die R40miljoen-skenking hoofsaaklik kom van armes wat Lotto-kaartjies koop in die hoop om van armoede te kan ontsnap.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.