Wending in VS se padkrisis

2012-02-11 10:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die maatskappy MRD Consulting Engineers (Edms) Bpk is nie gelys by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) nie en bestaan waarskynlik nie.

Die besigheidsadres, Jansenlaan 1 in Germiston, is volgens Google Maps ’n stuk oop veld.

MRD Consulting Engineers is die “maatskappy” van die omstrede tenderpreneur Jacob Dladla, en het ’n multimiljoenrandse kontrak by die Vrystaatste departement van polisie, paaie en vervoer gekry.

Dladla is slegs ’n direkteur van twee maatskappye, Ensemble Trading 295 en Pmplus Projects Strategy Consultants.

Dit is nie bekend in watter sektor die maatskappye besigheid doen nie.

Hy het bedank as direkteur van twee bourekenaar-maatskappye.

MRD is gekontrakteer as projekbestuursmaatskappy vir 12 van die omstrede 23 paaie wat herstel sou word in die provinsie.

Die herstelwerk aan dié 12 paaie sou R1,9 miljard beloop en werk aan die paaie is gestaak.

Daar was na bewering grootskeepse tenderbedrog met die aanstelling van MRD.

Dladla het glo van die kontrakteurs verwag om ’n “fooitjie” te betaal ten einde die kontrakte te kry.

Dladla, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Mbombela-munisipaliteit in Nelspruit, is skuldig bevind aan aanklagte van bedrog wat onder meer verband hou met tenderongerymdhede met die bou van die stadion daar vir WB 2010.

Ná ’n lang arbeidsgeding het Dladla en die munisipale raad geskik.

Dladla is toe vort met ’n goue handdruk van meer as R1,5 miljoen.

Die oud-polisiekommissaris George Fivaz se Ramathe Fivaz Forensiese en Ondersoekende Rekenkundige Dienste het die beweerde tenderbedrog met die 23 kontrakte ondersoek.

Na verneem word, word in dié verslag, benewens grootskeepse bedrog, onthul dat Dladla miljoene in ’n Amerikaanse bankrekening het wat glo uit die Vrystaatse staatsgeldkas kom.

Die verslag sal binnekort voor die provinsiale uitvoerende komitee dien.

Daarna sal dit aan die ouditeur-generaal (OG) oorhandig word.

Die OG sal dit dan aan die staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) oorhandig wat dit daarna aan die publiek sal bekend maak.

Toe Volksblad Vrydag Dladla om kommentaar nader, het hy sonder om ’n woord te sê die foon doodgedruk.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: tenders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.