Welkom-man sit lewenslank vir gru-moord
2012-12-13 14:44
Welkom – ‘n Man is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op sy suster en swaer, het die polisie in ‘n verklaring gesê.
OFM berig Virginia se hooggeregshof het Sydney Bateman (46) van Welkom tot ‘n addisionele agt jaar vir diefstal gevonnis.
Luidens die polisieverklaring het die man verlede jaar sy suster, Johanna Prinsloo, en haar man, Jan, met ‘n tuingraaf by hul huis in Lakeview, Welkom, vermoor.
Bateman het vier dae saam met die lyke deurgebring voordat hy hulle na ‘n motorafdak, sowat 40 m van die huis, geskuif het.
Volgens die polisie het die moordenaar se seun, Krik, twee weke ná die moorde op die lyke afgekom.
Bateman het ook die egpaar van talle besittings geroof. Hy het dié items verkoop om drank, dwelms en kos aan te koop.
Volg Nuus24 op Twitter