Weghol-veldbrand woed in sterk wind in Boland

2012-01-10 09:06
Tweets Share Share line Print

Dié foto van die brand naby Wolseley is deur Nuus24-gebruiker Margaret Frey vanuit 'n vliegtuig geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Brandbestryders spook reeds drie dae om ’n weghol-veldbrand naby Wolseley in die Boland te blus.

Die brand, wat sedert Saterdag in die omgewing woed, word deur ’n sterk wind aangeblaas.

Meer as 100 brandweerbeamptes van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, die Drakenstein-munisipaliteit en vrywilligers het teen gisteraand steeds die brand, wat in die rigting van Tulbagh gedraai het, beveg.

Vyf helikopters word ook sedert Sondagoggend gebruik om water op die vlamme te gooi.

Mnr. Roysten Harris, stasiebevelvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdienste, het gister gesê dit brand aan albei kante van die Hawekwaberge in die Wolseley-omgewing.

“Die brand woed tans aan die Wolseley kant en aan die kant van die Voëlvleidam.

“Vroeër het dit naby die huise gebrand, maar geen eiendom is beskadig nie.”

’n Paar inwoners is vir rook-inaseming behandel, terwyl sowat ses brandbestryders ligte brandwonde opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Dit brand oor ’n groot gebied en die wind help ook nie veel nie. Altesaam 120 beamptes met 15 brandweerwaens beveg die brand.

“Vandag was dit 32°C en môre is dit 33°C. Ons verwag nog ’n harde dag.

“Beamptes sal regdeur die nag op die toneel wees om die brand te probeer blus,” het hy gesê.

Daar kon nog nie vasgestel word wat die brand veroorsaak het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.