Weeskinders in Oos-Kaap verdubbel
2011-09-29 14:25
Oos-Kaap – Die aantal kinders in die Oos-Kaap wat sonder ouers grootword, het oor die laaste vyf jaar van 352 000 tot 701 000 gestyg, berig Dispatch Online.
Dié onthulling is gemaak in 'n verslag wat onlangs deur die nasionale departement van maatskaplike ontwikkelling openbaar gemaak is. Die verslag toon hoe armoede en werkloosheid in veral landelike Oos-Kaap, die gesinstruktuur verswak het.
Die groot toename in die getal weeskinders plaas ook weeshuise en plekke van veiligheid onder druk.
Die verslag sê verder Suid-Afrikaanse gesinne moet ondersteun word om dié getalle af te bring.
Die regering se reaksie op die toenemende getalle is 'n "Nasionale Gesinsbeleid" – 'n groenskrif nog bespreek moet word.
In sy voorlegging sê die regering Suid-Afrikaanse gesinne word bedreig deur armoede, werkloosheid, ongewenste swangerskappe, MIV/vigs, afwesige ouers en huishoudelike geweld.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA