Wees- en weggooikinders kry 'n nuwe tuiste
2011-11-04 21:54
Durban – ‘n Kompleks vir weeskinders en weggooikinders
wat befonds is deur die regering, is amptelik in Durban oopgemaak.
Die premier van KwaZulu Natal, Zweli Mkhize,
het die openingseremonie in Verulam, suid van Durban, gelei.
Die kompleks, wat die regering R90 miljoen
gekos het, sal uiteindelik uit 96 wooneenhede bestaan.
Wanneer alles klaar gebou is, sal sportsfasiliteite, ‘n kliniek, ‘n kleuterskool, primêre skool én sekondêre
skool deel uitmaak van die kompleks.
“Die kompleks is op ‘n plaas geleë en
onderhandeling het reeds begin om nóg grond te bekom,” het die premier gesê.
“Op die ou end sal die inwoners van die
kompleks hul eie groente kan aanplant en verkoop.”
Volgens die premier se woordvoerder, Regi
Khumalo, sal elke wooneenheid ‘n voog of moeder hê om vir sowat ses kinders te
sorg.
“Die kompleks is ook sover moontlik
omgewingsvriendelik en meeste van die energie word met behulp van sonkrag
verskaf,” het Khumalo bygevoeg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA