Weermagopleiding vir Malema laat die wenkbroue lig

2010-05-15 07:44
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson, Die Burger

Pretoria - Die uitnodiging om twee weke militêre diensplig aan Julius Malema, president van die ANC Jeugliga (ANCYL), en sy topbestuur te gee, skep die gevaar dat die weermag by partypolitiek betrek word.

“Die weermag durf nie ’n politieke wapen word nie. Dit mag nóg minder deur Malema en die jeugliga vir hul eie politieke doelwitte gekaap word,” het David Maynier, die DA se verdedigingswoordvoerder, Vrydag in reaksie gesê.

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Malema en die liga vir twee weke militêre opleiding in September genooi om eerstehandse ervaring op te doen oor haar plan om ’n nuwe nasionale dienspligstelsel te implementeer.

Sy is tans besig om die stelsel onder jeuggroeperings te bemark en het Vrydag ook die Young Communist League ontmoet.

Sy beoog om binnekort wetgewing oor die stelsel ter tafel te lê, terwyl die meesterplan vir die implementering daarvan tans afgerond word, het Ndivhuwo Mabaya, haar woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Sisulu het planne vir haar program om jeugvaardighede te ontwikkel – oftewel diensplig – op 5 Mei in haar begrotingstoespraak bekend gemaak. Dit is op werklose jeugdiges gemik.

Malema het in reaksie op Sisulu se planne gesê die ANC-jeugliga verwelkom die konsep.

“Ek hoop die diensplig sal jong mense ook meer leer omtrent hul vlag, nasionale simbole en ons ryk geskiedenis.

“Die jeugliga is gereed om al sy lede te mobiliseer om die stelsel te ondersteun,” het Malema gesê.

Harald Pakendorf, ’n politieke ontleder, het gesê die uitnodiging om militêre opleiding aan Malema te verskaf, “laat ’n mens se wenkbroue lig”.

“Wat gaan dié mense – bekend vir hul ongedissiplineerde uitlatings – by twee weke se opleiding kan baat?

“Word dié uitnodiging aan alle jeugorganisasies van politieke par­tye en organisasies gerig?

“Die weermag moet ’n diens aan die staat lewer – ongeag watter politieke party dit verteenwoordig – en daar móét dus afstand tussen die weermag en die politiek gehandhaaf word,” het Pakendorf gesê.

Pieter Groenewald van die VF+ het gesê Malema is bekend daarvoor dat hy graag “Skiet die Boere” sing.

“Die vraag is of hy nou opgelei gaan word om dit te kan doen. Gaan die minister ook die VF+-jeugkomitee se dagbestuur aanvaar vir militêre opleiding?

“Die besluit bewys dat die minister en die ANC heeltemal uit voeling is met die onsekerheid en bekommernisse van wittes en skep verdere polarisasie.”

- Die Burger

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: julius malema  |  weermag

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.