Weermag moet terug na die grense – Mthethwa

2010-09-06 08:45
Tweets Share Share line Print

Pretoria - “Misdaad in ons land het ’n unieke, gewelddadige karakter.”

Só het Nathi Mthethwa, minister van die polisie, eergister op ’n teen-misdaadkonferensie by die NG gemeente Kameeldrift, noordoos van Pretoria, gesê.

Tydens die konferensie is maatskaplike ekonomiese probleme, alkohol, dwelms, vuurwapens en ander strategiese kwessies bespreek in ’n poging om misdaad te bekamp.

Mthethwa, wat deur die Kameeldrift-gemeenskap as ’n vriend beskou word, het gesê die regering is reeds besig om sy veiligheidsnet by die land se grensposte stywer te trek.

“Van die misdadigers wat in Suid-Afrika gearresteer is, is afkomstig van ons buurlande. Ek kon nie verstaan waarom die weermag van die grense afgehaal is nie en het my daarop toegespits om te verseker dat die weermag terugkeer na die grense.”

Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), het op die konferensie gesê hy vind misdaad in Kameeldrift aansienlik hoog.

“Suid-Afrika het ’n gewelddadige misdaadprofiel en rooftogte by huise en besighede, asook motorkapings, bly hoog, met huisrowe aan die voorpunt.”

Burger het Kameeldrift se misdaadstatistieke van verlede jaar bestudeer en gesê: “Die gemeenskap moet baie getraumatiseerd wees en die misdaadsyfers ondersteun dit.

“Dit is egter snaaks dat huis- en besigheidsrooftogte en motorkapings styg terwyl die polisie se begroting en sy lede ook toegeneem het.

’n Mens sou verwag dat die groter begroting en groter aantal polisielede ’n groter impak op misdaad sou hê,” het hy gesê.

Volgens Burger het hy samesprekings met die bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) gehou en gevind kitsbankrowe styg terwyl bankrowe en transitorowe gedaal het.

Hy het benadruk dat die polisie nié misdaad kan voorkom nie.

“Ek het ’n probleem met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) omdat hulle verwag die polisie moet kwessies buite die polisie se veld, soos sosiale probleme, oplos.

“Dit is onrealisties en daarom is ek ten gunste van sektorpolisiëring.”

Mthethwa het gesê ’n GPF is ’n belangrike stuk gereedskap om misdaad te beveg, maar gemaan dat politieke partye nie die GPF’s moet gebruik om hul eie politieke veldtogte en propaganda te bevorder nie.

“Misdaad ken geen kleur of ras nie. Hier moet ons saamstaan,” het hy gesê.

Douw Grobler, uitvoerende direkteur van Prison Fellowship South Africa, het gesê dit is onmoontlik om die meeste gevangenes te rehabiliteer as hulle nie die regte waardes aanleer nie.

Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies, het eergister by ’n misdaadkonferensie in Kamdeeldrift, noordoos van Pretoria, gesê dié gebied se inwoners is getraumatiseerd deur die hoë misdaadvlakke daar.

Volg Beeld op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: weermag  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.