Weermag mag nie betoog
2009-08-26 13:11
Pretoria – ’n Protesoptog deur lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is deur die hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar.
Soldate het aansoek gedoen om Woensdag ’n optog na die Uniegebou te voer oor salarisse.
Die aansoek wou die weermag verplig om soldate te vrywaar om aan die optog deel te neem, het ‘n woordvoerder vir die departement van verdediging en militêre veterane gesê.
Volgens die woordvoerder, Ndivhuwo Mabaya, het die hoof van die weermag, Godgrey Ngwenya, die besluit om die aansoek van die hand te wys, geprys. Ngwenya het gesê die besluit neem nasionale sekuriteit en die beginsels van die wet in ag.
Die minister van verdediging en militêre veterane, Lindiwe Sisulu, het die SANW gevra om na die onderhandelingstafel terug te keer.
- Sapa