Weermag het nie geld vir dít, maar wel vir dát

2010-04-12 06:19
Tweets Share Share line Print

Pieter du Toit, Beeld

Kaapstad. – Die weermag het nie geld om sy duur fregatte en duik­bote of sy moderne Gripen-vegvliegtuie behoorlik te gebruik nie, maar bestee tussen R4 miljoen en R7 miljoen aan luukse Mercedes-Benze.

Hoewel dié bedrae nie ’n wesenlike verskil aan die weermag se vermoë kan maak om sy mandaat uit te voer nie, is dit beslis ’n aanduiding van die departement van verdediging se bestedingsprioriteite, sê David Maynier, DA-LP en -woordvoerder oor verdediging.

Volgens Krygkor is die departement besig om agt luukse voertuie aan te skaf. Dit sal in Pretoria en Kaapstad gebruik word vir die vervoer van hoës.

Dié voertuie sluit in een C-Klas outomatiese sedan (met ’n waarde van tussen R350 000 en R900 000), vier E-Klas outomatiese sedans (met ’n waarde van tussen R480 000 en R1,17 miljoen elk) en drie luukse busse ter waarde van tussen R420 000 en R485 000 elk.

“Die departement kla die verdedigingsbegroting is te laag om soldate behoorlik te betaal, basisse in stand te hou en toerusting te bedryf, maar bestee steeds amper R7 miljoen aan ’n vloot luukse voertuie,” sê Maynier in ’n verklaring.

Dit gaan niks doen om LP’s aan die departement se kant te kry wanneer daar om nog geld gebedel word nie. “Dit verminder vertroue in die departement se vermoë om sy hulpbronne te bestuur. Die DA doen ’n beroep op min. Lindiwe Sisulu om dié spandabelheid te stop.”

Die departement was enkele weke gelede voor LP’s waar die dienshoofde te kenne gegee het die krimpende verdedigingsbegroting is besig om die weermag se vermoë om sy grondwetlike mandaat na te kom, negatief te beïnvloed.

Maynier sê egter die gesaghebbers in die departement slaag nie daarin om ’n oortuigende argument op die tafel te plaas waarom LP’s die tesourie moet aanvat om meer geld aan die weermag beskikbaar te stel nie.

“Ons verstaan die begroting van R1,2 miljard is hopeloos te klein, maar tussen die departement se gebrekkige bestuur van sy eie geldsake en voorvalle soos dié, is dit moeilik om die kwessie vorentoe te neem.”

Sisulu verskyn môre voor die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging.

-Beeld

 

Lees meer oor: regerings  |  weermag

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.