Weermag het groot tekort aan medici

2010-06-17 08:24
Tweets Share Share line Print

Pieter du Toit

Kaapstad – Amper 40% van mediese offisiersposte vir dokters en spesialiste by die weermag se drie militêre hospitale in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad is vakant.

Daar is ook ’n ernstige tekort aan aptekers, sielkundiges en fisioterapeute in uniform, het Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, in antwoord op ’n parlementêre vraag van Donald Smiles (DA) gesê.

Daarvolgens is daar 9823 poste in die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD), waarvan 27% nie gevul is nie. Benewens dokters en spesialiste sluit dit paramediese beroepe soos radiografiste en steunpersoneel soos administratiewe beamptes en skoonmakers in.

Volgens Sisulu word daar ruim gebruik gemaak van dokters wat van buite die SAMGD vir spesifieke doeleindes ingekontrakteer word – in Bloemfontein maak dié dokters meer as die helfte (32 uit 58 aan diens; daar is 42 poste) uit van dokters wat in 3 Militêre Hospitaal aan diens is.

By 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane, Pretoria, is daar 188 poste waarvan 65 vakant is en by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg, Kaapstad, is 30 van die 79 poste leeg. Al drie hospitale het ’n tekort aan aptekers (1 Mil met 9 uit 25 poste, 2 Mil met 3 uit 10 en 3 Mil met 2 uit 7). Verpleegpersoneel, sielkundiges (1 Mil moet 12 hê, maar het slegs 4) en fisioterapeute is ook in aanvraag.

Luidens Sisulu se antwoord wil dit ook voorkom of die onderhoud van die hospitale se geriewe ’n uitdaging is: In Wynberg is albei opsigtersposte leeg terwyl Bloemfontein se vier poste ook nie gevul is nie.

Smiles het gesê: “Die duidelike tekort is kommerwekkend omdat daar van ons soldate verwag word om te alle tye paraat te wees.

“Hier erken die minister egter alles gaan nie klopdisselboom nie. Die tekort wat by die SAMGD bestaan, beteken ons soldate is nie fisiek en psigies in die beste toestand wat hulle kan wees nie.”

Helmoed-Römer Heitman, ’n verdedigingskenner en korrespondent vir Jane’s Defence Weekly, het gesê die SAMGD gaan al ’n tyd lank gebuk onder die verlies aan kundigheid. Dit kan grootliks toegeskryf word aan aanstellings op grond van ras, beroepsgeleenthede buite die weermag en “’n algemeen onaangename werkatmosfeer”.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: medici  |  weermag  |  hospitale  |  dokters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.