Weermag gereed om polisie te help

2010-07-13 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die weermag is landwyd op ’n gereedheidgrondslag om die polisie te help nadat sporadiese voorvalle van xenofobiese geweld Sondagaand in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Tog het pres. Jacob Zuma Maandagmiddag op ’n nuuskonferensie in Sandton volgehou daar is geen bewyse om die gerugte dat buitelanders ná WB 2010 verdryf gaan word, te staaf nie.

“Ek dink nie ons moet gerugte aanvaar as die werklikheid nie. Daar is geen konkrete bewyse nie. Dit sal snaaks wees om te dink aan die een kant verwelkom ons mense van oor die wêreld en aan die ander kant gaan ons hulle aanval,” het hy gesê.

Zuma het wel erken sommige buitelanders het weens die dreigemente oor xenofobiese geweld voor eergisteraand se eindstryd gevlug. Hy het egter gesê “die mense moenie vrees nie”, want die regering is in beheer.

Intussen is soldate Maandag saam met polisiebeamptes in verskeie townships in die Wes-Kaap ontplooi en die departement van verdediging het bevestig dieselfde strategie sal elders geld sou die geweldpleging na die res van die land versprei.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, en Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het vroeër die oggend in Kaapstad aangekom om self inligting te kry oor veral Somaliërs wat die vorige aand in Philippi, Nyanga, Kruispad, die Paarl en Wellington aangeval is.

“Die blote feit dat albei ministers vanoggend hier was om met die veiligheidshoofde te vergader wys hoe ernstig hulle die situasie opneem,” het Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, gesê.

Ook Mabaya en Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, het volgehou die voorvalle word deur “misdadige elemente” aangehits en is nie noodwendig xenofobies van aard nie. Volgens Mabaya toon die weermag se ontledings dat “gewone Suid-Afrikaners” nie wrokkig teenoor buitelanders is nie en dat dit eerder misdadigers is wat hul kwesbaarheid uitbuit.

“Dit is misdaad onder die dekmantel van xenofobie,” het Mnisi gesê.

Hoewel sommige buitelanders in Gauteng ’n herhaling van 2008 se geweldpleging vrees, was daar teen druktyd geen ernstige voorvalle nie. Heelwat polisiebeamptes is wel vroegoggend in die Ramaphosa-plakkerskamp aan die Oos-Rand ontplooi.

Nataniel Mohale, gemeenskapsleier, het gesê ’n Mosambieker se winkel is Sondagoggend aan die brand gesteek. “Die man is nie beseer nie. Verder was daar nie voorvalle nie.”

Die polisie en ’n plaaslike raadslid, Jake Bennett, het Sondagmiddag met die gemeenskap vergader om die gemoedere te kalmeer.

Daar was teen druktyd geen voorvalle in ander provinsies nie, maar die ANC en die vakverbond Cosatu het wel hul kommer uitgespreek.

Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, het gesê die party voer gesprekke met gemeenskapsleiers op grondvlak.

Volgens Parick Craven, Cosatu-woordvoerder, hou die voorvalle in die Wes-Kaap ook verband met swak dienslewering en “haal inwoners hul frustrasies op buitelanders uit”.

    * Tot 60 mense is vermoor en 40000 is dakloos gelaat toe xenofobiese geweld in Mei 2008 in Alexandra, Johannesburg, uitgebreek en twee weke lank oor die land heen gewoed het. 

- Volksblad

Lees meer oor: xenofobie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.