Weermag dreig ook om te staak
2010-08-26 12:43
Johannesburg – Soldate, wat by hospitale uitgehelp het te midde van ‘n landswye staatsdiensstaking, dreig nou om ook deel te neem aan die staking.
Die aankondiging is Donderdag gemaak en soldate wil glo in solidariteit met stakende staatsdienswerkers wees.
“Die probleem is dat as hierdie nie opgelos word nie die moontlikheid bestaan dat ons gesien kan word as instaanwerkers,” het Jeff Dubazana, woordvoerder vir die weermagvakbond Sandu, gesê.
Volgens Dubazana gaan Sandu nie toelaat dat hul werkers in hierdie lig beskou word nie en beplan daarom om ook te begin staak.
Die vakbond sal Vrydag sy besluit aankondig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA