Weermag-aanstellings ondersoek

2010-09-14 07:41
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die weermag het ’n raad van ondersoek belê na die beweerde onreëlmatige aanstelling van reserwemagsoldate sonder enige militêre kwalifikasies.

Die ondersoek kom nadat Volksblad van die aanstellings reeds meer as drie maande gelede teenoor die weermag bevraagteken het.

Die aanstelling van een man as sersant is glo deur sy suster, wat ’n senior offisier in die leër is, goedgekeur.

Nog ’n geval is ’n vrou wat as adjudant-offisier aangestel is.

Die twee verdien elk tussen R10 000 en R14 000 per maand, sonder dat hulle enige militêre opleiding of ondervinding het.

Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder vir die weermag, het vandeesweek gesê die beweerde onreëlmatighede word in ’n baie ernstige lig beskou.

Daarom is besluit om die saak deeglik te ondersoek voordat besluit kan word oor die vervolging van weermagpersoneel wat moontlik betrokke is.

Die senior offisier wat glo haar broer aangestel het, is in beheer van loopbaanbeplanning by een van die leër se afdelings.

Die broer is in Mei vanjaar in ’n vakante pos van ’n eenheid in Potchefstroom aangestel, maar hy “werk” in Pretoria.

Hy dra nie uniform nie en is glo omtrent nooit op kantoor nie, maar ontvang getrou elke maand sy soldy. Volgens dokumente was sy suster se handtekening die laaste een wat sy aanstelling finaal goedgekeur het.

Die broer werk ook nou in dieselfde afdeling as sy suster. Volgens ingeligtes is die soldate in dié afdeling te bang om teen sy aanstelling beswaar te maak, omdat hulle reeds gedreig is dat hul loopbane in die gedrang sal kom as hulle durf praat.

Sy het glo vir een gesê sy kan sy loopbaan “breek” as sy wil.

Intussen vul die broer ’n pos terwyl verskeie korporaals reeds jare lank op bevordering verwag.

Die adjudant-offisier werk in die leër se hoofkwartier. Sy is in Junie vanjaar ook as reserwemaglid aangestel, terwyl dié pos nêrens eers intern geadverteer is nie.

Daar was dus geen ander aansoeke, onderhoude of kortlyste, soos deur die riglyne vir aanstellings vereis word, voordat sy aangestel is nie.

Die sersant en die adjudant-offisier word onderskeidelik in administratiewe poste in personeelaangeleenthede en logistiek aangewend.

- Volksblad

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.